Belonings vir geregtigheid
Noord-Korea

Belonings vir geregtigheid
Ter ondersteuning van internasionale pogings om Noord-Korea se onregmatige aktiwiteite te ontwrig, bied die VSA se Departement van Buitelandse Sake (State Department) se program Rewards for Justice (RFJ) (Belonings vir Geregtigheid) belonings van tot $5 miljoen vir inligting wat lei tot die ontwrigting van finansiële meganismes van persone wat by sekere aktiwiteite betrokke is wat Noord-Korea ondersteun, insluitend geldwassery, die uitvoer van luukse goedere na Noord-Korea, bepaalde kuberaktiwiteit en aktiwiteite wat die verspreiding van massavernietigingswapens (WMD) ondersteun.
Watch the video
Die RFJ is op soek na inligting oor die uitvoer uit Noord-Korea van wapens wat met militêre aktiwiteite verband hou asook ander items na enige instansie of individu, insluitend die versending van sodanige items uit Noord-Korea.
Die RFJ is op soek na inligting oor mense wat kuberveiligheid probeer ondermyn, insluitend finansiële instellings en kriptogeldeenheid-beurse oor die wêreld heen, wat die regering van Noord-Korea bevoordeel.
Die RFJ is op soek na inligting oor die oordrag van steenkool van skip na skip wat oorspronklik uit Noord-Korea kom, of ruolie of petroleumprodukte wat na Noord-Korea verskeep word.
Die RFJ is op soek na inligting oor Noord-Koreaanse burgers wat na buite Noord-Korea gestuur word om te werk om geld vir die Noord-Koreaanse regering te genereer, insluitend inligting oor maatskappye en individue wat sodanige burgers in diens neem of hul aktiwiteite andersins buite Noord-Korea fasiliteer.
Die RFJ is op soek na inligting oor geldwassery wat ten doel het om die regering van Noord-Korea te ondersteun. Dit kan inligting insluit oor die beweging van valuta, insluitend virtuele valuta, waarby enige burger of instansie wat met Noord-Korea verbind word, insluitend enige bankrekeninge in die buiteland wat deur Noord-Korea gebruik word of Noord-Korea bevoordeel, asook enige frontmaatskappye wat namens Noord-Korea werk en toegang tot die internasionale finansiële stelsel het.
DieRFJ is op soek na inligting oor handel in dwelms, vervalsing van goedere of valuta, en smokkelary van groot hoeveelhede kontant wat die Noord-Koreaanse regering ondersteun.
Die RFJ is op soek na inligting oor enige versending of oordrag van luukse artikels na die Demokratiese Volksrepubliek Korea (DPRK), insluitend luukse motors, ontwerpersklere, juweliersware, alkohol, tabak, parfuum of ander soortgelyke artikels wat waarskynlik vir die elite van die regering bestem is.
Die RFJ is op soek na inligting oor ernstige menseregteskendings deur die regering van Noord-Korea.
Die departement is spesifiek gemagtig om belonings van tot $5 miljoen te bied vir inligting wat lei tot die ontwrigting van finansiële meganismes van enige persoon of instansie wat hom/haar besig hou met gedrag soos beskryf in artikel 104(a) en 104(b)(1) van die VSA se North Korea Sanctions and Policy Enhancement Act (NKSPEA) (Wet op die Versterking van Sanksies en Beleid teen Noord-Korea) van 2016. Artikel 104(a) van die NKSPEA dek gedrag deur ’n individu of instelling wat:
willens en wetens, direk of indirek, die volgende na of vanaf Noord-Korea invoer, uitvoer of heruitvoer: enige goedere, dienste of tegnologie wat vir uitvoer deur die VSA ingeperk word weens die gebruik van sodanige goedere, dienste of tegnologie vir massavernietigingswapens of afvuurstelsels vir sodanige wapens en wat wesenlik bydra tot die gebruik, ontwikkeling, produksie, besit of verkryging deur enige persoon van ’n kern-, radiologiese, chemiese of biologiese wapen of enige toestel of stelsel wat geheel of gedeeltelik ontwerp is om so ’n wapen af te vuur;
willens en wetens, direk of indirek, voorsien opleiding, advies of ander dienste of hulp, of voer belangrike finansiële transaksies uit met betrekking tot die vervaardiging, instandhouding of gebruik van so ’n wapen, toestel of stelsel wat ingevoer, uitgevoer of heruitgevoer moet word na of vanuit Noord-Korea;
willens en wetens, direk of indirek, luukse goedere na of vanuit Noord-Korea invoer, uitvoer of heruitvoer;
willens en wetens aan sensuur deur die regering van Noord-Korea Neem deelneem, daarvoor verantwoordelik is of dit vergemaklik;
willens en wetens aan ernstige menseregteskendings deur die regering van Noord-Korea deelneem, daarvoor verantwoordelik is of dit vergemaklik;
willens en wetens, direk of indirek, aan geldwassery, vervalsing van goedere of geldeenhede, kontantsmokkelary, of handel in dwelmmiddels deelneem wat die regering van Noord-Korea of enige senior amptenaar of persoon wat vir of namens daardie regering optree, ondersteun;
willens en wetens aan wesenlike aktiwiteite deelneem wat kuberveiligheid ondermyn deur gebruik van rekenaarnetwerke of stelsels teen buitelandse persone, regerings of ander entiteite namens die regering van Noord-Korea;
willens en wetens, direk of indirek, die volgende aan of vanaf die regering van Noord-Korea of enige persoon wat vir of namens die regering optree, verkoop, lewer of oordra: ’n wesenlike hoeveelheid edelmetaal, grafiet, rou of halfverwerkte metale of aluminium, staal, steenkool of sagteware, vir gebruik deur of in industriële prosesse wat direk verband hou met massavernietigingswapens en afvuurstelsels vir sodanige wapens, ander verspreidingsaktiwiteite, die Koreaanse Arbeidersparty, gewapende magte, interne sekuriteit, of intelligensieaktiwiteite, of die uitvoer en instandhouding van politieke gevangeniskampe of dwangarbeidskampe, insluitend buite Noord-Korea;
willens en wetens, direk of indirek, enige wapens of verwante goedere of enige item of diens wat met verdediging verband hou, invoer, uitvoer, of heruitvoer na, in of uit Noord-Korea (soos sodanige bepalings omskryf word in 22 U.S.C. § 2794);
willens en wetens, direk of indirek, enige noemenswaardige hoeveelhede goud, titaanerts, vanadiumerts, koper, silwer, nikkel, sink of seldsame aardminerale van Noord-Korea koop of andersins verkry;
willens en wetens, direk of indirek, enige beduidende hoeveelhede vuurpyl-, lugvaart- of vliegtuigbrandstof aan Noord-Korea verkoop of oordra (behalwe vir gebruik deur ’n burgerlike passasiersvliegtuig buite Noord-Korea, uitsluitlik vir verbruik tydens die vlug na Noord-Korea of die terugvlug);
willens en wetens, direk of indirek, beduidende hoeveelhede brandstof of voorrade lewer, bunkerdienste voorsien, of ’n beduidende transaksie of transaksies fasiliteer om ’n vaartuig of vliegtuig te bestuur of te onderhou wat ingevolge ’n toepaslike VSA- presidensiële uitvoerende bevel of ’n toepaslike besluit van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aangewys is, of wat besit of beheer word deur ’n persoon wat ingevolge ’n toepaslike VSA- presidensiële uitvoerende bevel of ’n toepaslike besluit van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aangewys is;
willens en wetens, direk of indirek, ’n vaartuig wat deur die regering van Noord-Korea besit of beheer word, verseker, registreer, die registrasie daarvan fasiliteer, of versekering of registrasie daarvan onderhou, behalwe soos spesifiek deur die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad goedgekeur;
willens en wetens, direk of indirek, ’n korrespondentrekening (soos omskryf in 22 U.S.C. § 9221a(d)(1)) het by enige Noord-Koreaanse finansiële instelling, behalwe soos spesifiek deur die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad goedgekeur; of
willens en wetens probeer om deel te neem aan die gedrag wat in paragrawe (1) tot (14) beskryf word.
(A) willens en wetens betrokke is by, bydra tot, bystand verleen aan, borg gee, of finansiële, wesenlike of tegnologiese ondersteuning bied vir of goedere en dienste bied ter ondersteuning van enige persoon wat aangewys is op grond van: |
(i) ’n toepaslike besluit van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad; |
(ii) enige regulasie uitgevaardig kragtens 22 U.S.C. § 9254; of |
(iii) enige toepaslike VSA- presidensiële uitvoerende bevel; |
(B) willens en wetens bygedra het tot: |
(i) omkopery van ’n amptenaar van die regering van Noord-Korea of enige persoon wat namens daardie amptenaar optree; |
(ii) wanaanwending, diefstal of verduistering van staatsgeld deur, of ten bate van, ’n amptenaar van die regering van Noord-Korea of enige persoon wat vir of namens daardie amptenaar optree; of |
(iii) die gebruik van enige opbrengs van enige aktiwiteit wat in klousule (i) of (ii) beskryf word; |
(C) willens en wetens en aktiwiteite wat in subparagraaf (A) of (B) beskryf staan, wesenlik bygestaan of geborg het of beduidende finansiële, wesenlike of tegnologiese ondersteuning verleen daarvoor, of goedere of dienste daarvoor of ter ondersteuning lewer; |
(D) willens en wetens, direk of indirek, aansienlike hoeveelhede steenkool, yster of ystererts van die regering van Noord-Korea gekoop of andersins verkry het, wat die beperkings oorskry in die toepaslike resolusies van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad; |
(E) willens en wetens, direk of indirek, beduidende soorte of hoeveelhede tekstiel van die regering van Noord-Korea gekoop het of andersins verkry het; |
(F) bewustelik ’n beduidende oordrag van geld of eiendom van die regering van Noord-Korea gefasiliteer het, wat wesenlik bydra tot enige oortreding van ’n toepaslike besluit van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad; |
(G) willens en wetens, direk of indirek, ’n beduidende oordrag van groot hoeveelhede kontant, edelmetale, edelgesteentes of ander waardeartikels wat nie in subartikel (a)(10) beskryf staan nie, na of van die regering van Noord-Korea gefasiliteer het; |
(H) willens en wetens, direk of indirek, beduidende hoeveelhede ruolie, kondensate, geraffineerde petroleum, ander soorte petroleum of petroleum-neweprodukte, vloeibare natuurlike gas of ander aardgasbronne aan die regering van Noord-Korea verkoop, oorgedra of andersins voorsien het (behalwe vir swaar brandstofolie, petrol of diesel vir humanitêre gebruik of soos uitgesonder in subartikel (a)(11)); |
(I) willens en wetens, direk of indirek, betrokke was by die aanlyn kommersiële aktiwiteite van die regering van Noord-Korea, insluitend aanlyn dobbelary, of dit gefasiliteer het of daarvoor verantwoordelik was; |
(J) willens en wetens, direk of indirek, visvangregte van die regering van Noord-Korea gekoop of andersins verkry het; |
(K) willens en wetens, direk of indirek, beduidende soorte of hoeveelhede voedsel of landbouprodukte van die regering van Noord-Korea gekoop het of andersins verkry het; |
(L) willens en wetens, direk of indirek, betrokke was by die uitvoer van arbeiders uit Noord-Korea, of dit gefasiliteer het of daarvoor verantwoordelik was, op ’n manier wat ten doel het om beduidende inkomste te verdien, direk of indirek, vir gebruik deur die regering van Noord-Korea of Koreaanse Arbeidersparty; |
(M) willens en wetens ’n beduidende transaksie of transaksies gedoen het in Noord-Korea se vervoer-, mynbou-, energie- of finansiëledienste-bedryf; of |
(N) behalwe soos spesifiek deur die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad goedgekeur, en behalwe deur ’n korrespondentrekening soos beskryf in subartikel (a)(14), willens en wetens die werking van enige tak, filiaal of kantoor van ’n Noord-Koreaanse finansiële instelling gefasiliteer het. |
Die departement is ook gemagtig om belonings van tot $5 miljoen te bied vir inligting wat lei tot die identifikasie van enige persoon wat, in opdrag van die Noord-Koreaanse regering, ’n oortreding van die VSA se Computer Fraud and Abuse Act (CFAA) (wet op rekenaarbedrog en -misbruik), artikel 18 USC § 1030 aanhelp. Die departement is op soek na inligting oor sodanige aktiwiteite wat die CFAA skend, met ’n besondere maar nie eksklusiewe belangstelling in aktiwiteite wat die volgende behels:
Om ongemagtig rekenaars en netwerke in die publieke en private sektor binne te dring met die doel om inligting te steel;
Om vernietigende wanware te stuur;
Om losprysware te verspreiding en te gebruik;
Om dreigemente te stuur van skade aan, inligting te bekom van, of iets in waarde te versoek met betrekking tot ’n rekenaar, met die doel om geld of iets van waarde van ’n persoon of entiteit af te pers soos verbied word deur 18 USC §§ 1030(a)(2), (a)(3), (a)(5) en (a)(7).
Ter ondersteuning van internasionale pogings om Noord-Korea se onregmatige aktiwiteite te ontwrig, bied die VSA se Departement van Buitelandse Sake (State Department) se program Rewards for Justice (RFJ) (Belonings vir Geregtigheid) belonings van tot $5 miljoen vir inligting wat lei tot die ontwrigting van finansiële meganismes van persone wat by sekere aktiwiteite betrokke is wat Noord-Korea ondersteun, insluitend geldwassery, die uitvoer van luukse goedere na Noord-Korea, bepaalde kuberaktiwiteit en aktiwiteite wat die verspreiding van massavernietigingswapens (WMD) ondersteun.
the number is +1 (540) 760-5089
the number is +1 (540) 760-5089
the number is +1 (540) 760-5089
the number is +1 (540) 760-5089